...

2 views

Haar Geheim
Ons verdwyn in haar binnehof in

Dis stil soos net moedernatuur kan wees

Met vele geluide van boom en dier

Sy haal asem, hoor jy dit?


Blare wat sag ritsel in die wind

’n Mier wat wegskarrel met sy vonds

Grassies wat hoorbaar groei

En vlinders wat sag rondspeel


Ek kan vir ure hier stilsit

Van ons samesyn geniet

Terwyl ons als opslurp,

Ons siele voed


Die stilte,

Die verrotte boombas reuk

Die voels se gefladder

’n Aap se veraf geskree


Haar taal is uniek,

Maar tog verniet

Kom deel dit saam met ons

Stel jou siel oop…


Jy sal haar diepste geheime hoor

© Annie.S