...

7 views

Ouma
Hallo ouma sweets.

Op 'n normale dag verlang ons na ouma,maar ek dink vandag is die brand net so bietjie meer. Die wêreld is gevul met massa histerie en ongekende vrees. Die onsekerheid van ons dag tot dag maak dat ons verlange na normaal wees net soveel groter is. En as ek daaraan dink is die dae toe ouma nog hier was normaal en tegelyketyd great gewees. Ons mis die dae waar ons n naweek trip gemaak het na perseel
1CX2 toe(of was dit nou weer R2D2). Die skree van vaalharts sodra ons oor die kanaal se brug ingery kom.
Die afdraai van die teerpad na die grondpad en die mense wat almal n vriendelike kopknik gee as jy by hulle verby ry..
Ons mis die opgewondenheid met tegelyke tevredenheid as ons indraai by die perseel met die wete hier kom weer...