...

1 views

spyt kom te laat..
Waarheen Jy Wil Gaan?

Haal diep asem en sien die volgende in jou verbeelding: Jy is in 'n gesprek met mense vir wie jy baie omgee. Dit gaan goed totdat iets in jou gedagtes opkom en voordat jy jouself kan keer, glip die woorde by jou mond uit. Terwyl die laaste woorde by jou mond uitkom, sien jy hartseer oë wat jou aanstaar. Nog iemand las iets by. 'n Ander verdedig. Ewe skielik gaan hierdie gesprek êrens heen waar jy nooit wou gehad het nie.

Haal weer asem. Dit het nie regtig nou plaasgevind nie, maar dit het waarskynlik al, nie waar nie? Hoekom sê ons dinge waaroor ons spyt kry? Die skrywer van Jakobus, moontlik Jesus se broer, het die grootste deel van die hoofstuk daaraan gewy om hierdie interessante feit te verduidelik. Die uiteinde is dit: Die tong is 'n klein roertjie.

'n Roertjie? Jy vaar dalk nie so baie met 'n boot soos Jakobus het nie. 'n Roertjie is die deel van die boot wat in die water laat sak word om die boot te help stuur. Om dit eenvoudig te stel: as die kaptein die boot wil draai, draai hy die wiel wat die hefboom aktiveer om die roertjie te beweeg en dan draai die boot. Sien nou in jou verbeelding 'n groot skip. Die kaptein beweeg sy hand net 'n millimeter om die roertjie 'n sentimeter te beweeg om sodoende die skip se bestemming met honderde kilometers te verander.

Jou woorde vat jou nie êrens heen waar jy nooit wou wees nie, hulle verkondig waarvan jou hart vol is.

As jou woorde 'n roertjie is, dan is jy die kaptein. Jesus het dit eenvoudig gestel. Hy het basies gesê dat jou woorde weerspieël waarvan jou hart vol is. Jou woorde vat jou nie waarheen jy nooit wou gaan nie, dit verkondig waarvan jou hart vol is.

Daar is hoop. Wanneer jou hart in die regte rigting beweeg, sal jou mond dit ook doen. Redding is die beste bewys hiervan. Ons glo met ons harte, bely met ons woorde en ons word gered.


© ..Q..Hearts💦💔🐊