...

0 views

J Y H E T M Y 🗨️gebars

die Here het ‘n snaakse sin vir humor
ek onthou hoe ek vir Hom gesê het ek is nou klaar, ek wil nie nog ‘n familie ontmoet, lief raak vir hulle en dit wèèr nie uitwerk nie, ek is helemal bereid om alleen die pad te stap, dit is net makliker, veiliger, minder teleurstelling en admin…
toe kom jy
van ‘n klein dorpie, waar liefde en lojaliteit nog iets beteken
jy het my
kom leer dat die wêreld die idee van liefde verkoop
en verpak
met labels en botox en photoshop sodat jy altyd sal voel jy settle want jy sal nooit die tydskrif-geluk kan hê nie
jy het my
kom leer dat egtheid belangrik is
dat dit nie glitz en glamour is nie
dat jy ALTYD onbeskaamd jouself is
al beteken dit dat jy enige plek awkwardly aan die slaap raak
dat die Here heel eerste is voor enige iets en iemand anders
dat jy NOOIT jou waardes en normes prys gee nie, maak nie saak wat die omstandighede is nie
jy het my
laat besef dat jou verlede jou nie bepaal óf ‘n houvas op jou toekoms hoef te hê nie

mag enige een wat se hart verniel is deur die verlede of wat dalk steeds ‘n gevangene is daarin, hierna kyk en bemoedig word dat daar wel hoop is, dat daar nog iets genuine bestaan, dat dit nie vanself kom nie, dat jy moet kies en compromise en bid en weer kies
ek is lief vir jou
dankie dat jy my ook elke dag gekies het

Maar lewe verander in 'n oogwink
Mense steek seer
Veral wanneer jy dit die minste verwag

Here dankie vir nog een dag
Meskien die laaste een maar ons bepaal nie die pad nie net U doen... Here hou die lelike negatiewe woord uit my hart wat daar gesê word... Ek is genoeg al is dit net vir U.... Eendag is eendag dan sal almal verstaan... Even Hy dat ek is nie so sleg nie....
🫶🏼 📸
© ..Q..Hearts💦🐊