...

0 views

Partykeer ....

Partykeer is ń "hello" nie genoeg nie,
partykeer is ń "bye" net te veel,
partykeer wens jy tyd kon stilstaan,
om ń oomblik oor te hê,
of weer hê,
partykeer moes jy,
of moes jy nie,
of moes jy net jou hart vir daai oomblik deel...

...partykeer kan jy jou woorde nie keer,
want waarvan die hart van vol is..en soms moet die wag voor jou mond oortyd werk om te keer dat als nie oorloop of uitkruip nie..
partykeer is ń drukkie genoeg maar ń kyk kan jou breek,
partykeer is jou hart seer al is jy met genade deurweek...

..partykeer voel ń sekonde soos ń ewigheid en soms vlieg ń dag by jou verby ,
partykeer maak besluite nie sin en partykeer word nie onafwendbare vermy....

..partykeer,
net partkeer is daar nog ń geleentheid,
nog ń kans, om die "nie perfekte" mooi oomblikke raak te sien,
die versteekte betekenis agter die lied se lirieke te hoor,
om ń bietjie stywer vas te hou,
voor jy dit verloor....

partykeer is dit beter om te luister wat jou hart skree, en soms fluister die stem in jou kop die weg...
partykeer is dit nie genoeg,
of net genoeg,
of net te veel...
Partykeer wil jy net maar net opgee
Want partykeer is mens net nie genoeg nie...

© .brokenQHeart